Boekwinkel Hulplyn – info@opgeklim.co.za

Getuigskrifte

Lees Gerus Wat Ons Lesers Van Die Boek Sê.

Dirk Smit is 'n vermoënde sakeman wat al deur die meul van die lewe gegaan het. In dié boek vertel hy sy verhaal kru-eerlik. Dis 'n verhaal van val en opstaan; van seerkry en heelword. Dis egter baie meer as 'n outobiografie. Dis 'n gids vir elke sakeman met uiters praktiese wenke om sy persoonlike en ook sy besigheid se finansies te laat floreer. Dis ook 'n moet-lees boek vir elke jongmens wat 'n sukses van sy/haar lewe wil maak.

Dr Roelf Opperman

Hierdie boek het vir my 'n duidelike padkaart gegee vir vooruitgang en om nie te verdwaal nie. Dit het my ook gehelp om die beste lewenslesse uit my eie af val hoofstuk te neem. As 'n mens die Here aan jou kant het en Hom vra vir insig en Wysheid en leiding kan selfs jou grootste uitdagings en foute omskep word in waardevolle lewenslesse wat tot jou voordeel kan strek. Die skrywer gee hoop, inspirasie en praktiese wenke om mens op 'n pad van oorwinning te neem.

Erich Posthumus

Hy beklemtoon die belangrikheid van denke en eienskappe soos selfdissipline, deursettingsvermoë, vasberadenheid, motivering en entoesiasme vir die lewe. Hy help jou glo dat daar weer lewe, 'n toekoms, vooruitgang en geluk na enige trauma of ramp kan wees.

Liesel Krause-Wiid