Boekwinkel Hulplyn – info@opgeklim.co.za

Opgeklim En Weer Gery (E-Boek Weergawe)

R165,00

Hierdie is die digitale weergawe vir die van julle wat verkies om digitaal te bly in plaas daarvan om ‘n fisiese boek te koop.

Dirk van Zyl Smit bied vir die leser motivering en praktiese
wenke oor die omkeer van ʼn negatiewe situasie in ʼn
suksesverhaal.

Deur positiewe denke, geloof en harde werk het hy dit
reggekry om een keer meer op te staan as wat hy geval
het. Sy lewe was een van afval en seerkry, maar opklim en
weer ry.

“Vir die konsert van die lewe, kry niemand ʼn program nie.”

Dirk Smit is ’n vermoënde sakeman wat al deur die meul van die lewe gegaan het. In dié boek vertel
hy sy verhaal kru-eerlik. Dis ’n verhaal van val en opstaan; van seerkry en heelword. Dis egter baie
meer as ’n outobiografie. Dis ’n gids vir elke sakeman met uiters praktiese wenke om sy persoonlike
en ook sy besigheid se finansies te laat floreer. Dis ook ʼn moet-lees boek vir elke jongmens wat ’n
sukses van sy/haar lewe wil maak. – Dr. Roelf Opperman

Hy beklemtoon die belangrikheid van denke en eienskappe soos selfdissipline, deursettingsvermoë,
vasberadenheid, motivering en entoesiasme vir die lewe. Hy help jou glo dat daar weer lewe, ’n
toekoms, vooruitgang en geluk na enige trauma of ramp kan wees.– Liesel Krause-Wiid

Dirk van Zyl Smit is in 1946 in Krugersdorp gebore en matrikuleer aan die Hoër Landbouskool
Bekker. Hy verwerf ’n paar kwalifi kasies aan die UP. Vandag is hy baie aktief in ’n paar besighede
wat hy bedryf waarvan eiendomsontwikkeling die belangrikste is